Welcome to the Coinquay web presence -- / -- Welkom by die Coinquay webpraesens (Aderfle)

This page contains a story I wrote some years ago. It's part of a larger website, the Coinquay web presence. Click the coinquay graphic to return to the main page. You can also reach the main page with the url http://ey.to.hey.to/.

Send comments and greetings to leuce@geocities.com.

Please sign my guestbook [ Sign here ], or read what others have said [ Read here ].


... Aderfle

Deurpad na die Hel
deur Clarah Hallstein

Elfie het my lief gehad, ek is seker daarvan. Sy het my nog altyd lief gehad. Maar toe gaan sy met Werner uit. Sy wou my seermaak - dis wat sy wou doen. Sy wou my jaloers maak sodat ek sal opstaan uit my kompleks van selfbejammering. Maar sy het my eerder kwaad gemaak. En sy moes daarvoor betaal...

Ek het nooit gedink ek sou my Survival Games kundigheid nodig kry nie. Hoewel dit lekker was om 'n opponent met drie patrone verf te jag soos 'n slim dier, was dit nog maar altyd net 'n spel. Nooit het ek gedink ek sou dit eendag in 'n regtelewe-situasie gebruik nie.

Om die pistool te kry was g'n probleem nie. Ek was immers oud genoeg om een te besit, en as jy weet waar om te koop, vra hulle nie lastige vrae nie. Om 'n geskikte plek te vind was ook geen probleem nie. Daar is baie oop velde in ons omgewing, maar ek was veral ten gunstig van 'n kolletjie teen die Tygerberg, waar Sata- niste die vorige maand of wat 'n groot makietie gehou het - ek weet daarvan want ek het contacts.

Om Elfie in die hande te kry was ietwat van 'n probleem. Sy sou by 'n sokkie gehaal moes word, en dan ontvoer word, en dan losgelaat word, en dan gejag word, alles in een asem. Ek het dit oorweeg om alles self te doen, maar die risiko was te groot. My vriende, die wilde klomp, was in hierdie geval van nut gewees.

Foeitog. Sy het seker niks vermoed nie, nie totdat Werner skielik van haar sy verdwyn het en 'n vreemde meisie haar buitentoe genooi het nie. Sy het probeer gil toe hulle haar in die kar laai - so't hulle my vertel - maar het haar darem gedra vir die res van die rit. Sy het nooit geweet dit was ek nie.

Hoog in Welgemoed is sy afgelaai en gelei na anderkant die uitsaaitorings. Toe het die een meisie haar voorspoed toegewens, en haar 'n pistool met duds gegee. Ek wens ek kon haar gesig sien, toe sy so alleen agter gelaat is, en net 'n vreemde wapen in haar hand teen die onheil...

Sy het nogal goed gevaar in die eerste uur of so. Ek het haar net agtervolg en gekeer dat sy nie na die dorp se kant toe mik nie. As sy bang was het sy dit nie gewys nie. Soms het ek tot amper teen haar gesluip - ek kon haar warm liggaam ruik. Tog het sy haar goed geval.

Namate die nag ouer geword het, het sy meer en meer onrustig geword. Ek het haar begin skrikmaak met geluide en takkies wat kraak. As sy geroep het in die donker, het haar stem gebewe. Dit het my lekker laat voel, want ek het geweet : dit is my revenge.

Dit was seker so half-vier se kant toe ek die eerste skoot gevuur het - net om haar skrik te maak. Ek het nie bedoel om haar so gou te tref nie, maar sy het so geskree dat ek nie anders kon vermoed nie. Haar pas was ook stadiger, en sy het twee keer blindelings in die donker afgevuur.

Ek het nog twee skote oor gehad, en sy vier, maar dit was los- kruit, en ek was nie bang nie. My volgende skoot sou haar laat uitgil, dit het ek geweet. Ek het haar versigtig van voor bekruip, en toe ek so vyf tree van haar af gebukkend gestaan het, het ek geskiet. Sy was gehurkend, en haar knie het in my rigting gewys. Die koeel het die knieskyf vernietig, en haar been binnegedring, die harde been geskraap, en tot agter in die bekkenbeen vas.

Haar gil het my effens geskok - ek het nie geweet dit sou so erg klink nie! Sy moes geweet het dat haar agtervolger voor haar gestaan het, want sy het in my rigting geskiet, nog drie skote. Ek het hard-op begin giggel in my malle waas, en opgestaan sodat sy my volle lyf moes sien. Die oggendlig was van agter my, en my skaduwee het oor haar geval.

Hoewel sy moeisaam probeer wegkruip het, ten spyte van die pyn, moet sy geweet het dat haar einde aan gebreek het. Sy het haar wapen op my bors gerig, en die skoot het geklap. Niks. Dit het niks aan my gemaak nie. Sy moes besef het dat daar geen krag in was nie, want sy het die ding neergegooi, en begin pleit.

Ek het geweet sy sou pleit. Maar ek sou nie luister nie. Ek het om haar begin stap om haar van alle kante te bekyk, en die beste hoek vir my koeel te soek. Skuins agter haar het ek gestop, en my pistool na haar kop gerig. Uit desperaatheid het sy haar pistool weer opgetel en na my gerig, maar ek geweet dit was nou al leeg - soos ek met Alida afgespreek het.

Ek het die sneller getrek, en 'n skoot het geklap. Nee! Twee skote, en myne was mis. Ek het bloed geproe, en nooit het ek besef 'n koeel maar so seer nie. My pyn was van korte duur, kort voor lank was ek dood. Alida het my verraai, Meneer die Duiwel, maar ek wens dat sy jou in der ewigheid nooit sal sien nie.


Site Meter
free afrikaans hosting
1000 afrikaans links
many afrikaans links
quite a few afrikaans links
the afrikaans crow's nest, 500 links
afrikaans / english translation
html writers' guild

(c) 1999 Samuel Murray
leuce@geocities.com

http://www.geocities.com/EnchantedForest /Dell/6414/aderfle.html
http://www.geocities.com/lacialacia/aderfle.html
http://ey.to.hey.to/ (url forwarding) then aderfle.html

Page created: 1999-08-30
Page revised: 1999-10-30

Founts used: Maiandra, Papyrus, OCR A Extended, Viner Hand, Arial, Helvetica, Tahoma. Graphics designed using: MS Paint w95 (drawing), MS Photo Editor 3.0 (to convert to gif and jpg), ACDSee 2.41 (viewing). File compression using: WinRAR 2.50. Html written using: Arachnophilia 3.9. Total time used: (not available yet).

Site layout optimised for printing. Best viewed with any 3rd generation browser at 480x640 resolution or higher. A zip-archive of this entire site is available as eytoheyto1.zip (379 kb) and eytoheyto2.zip (427 kb).

Banner exchange:
ZA Banner Exchange