Welcome to the Termsite (subpage).  Have a look at the main page.

This site is dedicated to amateur afrikaans terminology.  Computer and internet terminology is currently the main focus, but all amateur terminologists are welcome to participate.

page created 1998-05-20

// uitnodiging // definisies // weglyste // tuislyste //


Uitnodiging
Ek nooi alle amateur termskrywers hartlik uit om hul halfvoltooide termlyste by my webwerf te voeg.  Kom ek tref net gou `n paar reëlinkies (dis egter my eerste poging tot so`n projek, en ek vermoed dat die reëlings mettertyd hulle by omstandighede, ondervinding en raad sal aanpas).

Definisies
"amateur":  Dit is iemand wat nie vir die werk betaal word nie.  Hier bedoel ek egter ook alle persone wat deeltyds en/of nieamptelik besig is.
"termskrywer":  Dit is iemand wat terme skep of versamel en dit neerskryf.  Ek verkies die woord as oorkoepelende alternatief vir leksikograaf, leksikoloog, terminograaf, terminoloog ens.
"termlys":  Dit is `n dokument met `n lys terme en/of frases wat alfabeties gerankskik is.  Gewoonlik bevat dit ook `n vorm van toeligting, hetsy vertalings, verklarings, of verduidelikings.
"halfvoltooide":  Hier beteken dit dat die termlys nog nie finaal nagesien, met kruisverwysings bedien, of inkonsekwenthede uitgestryk is nie.  So`n termlys moet egter nie homself weerspreek, kritieke spelfoute of ander toeligtingsfoute bevat nie (waar onsekerheid oor `n term bestaan, moet dit eerder aangedui word as geïgnoreer word).
"hier byvoeg":  Op hierdie stadium het ek baie spasie, en ek sou dus maklik alle lyste op my eie werf kon huisves.  Ek is egter die enigste persoon wat tot hierdie gids skryftoegang het.  Persone wat dus groter beheer oor hul termblaaie verkies moet liefs hul eie webwerf skep;  ek sal dan hier `n knoopskakel daarheen skep.

Weglyste
Dit sal sekerlik my taak vergemaklik as hierdie werf bloot `n skakelbord na verskeie ander tuisblaaie is.  Ek sou egter graag enkele versoeke rig.

Die Termwerf moet liefs te alle ure toeganklik wees.  Indien u dus `n lys op u tuisblad by `n universiteit of soortelyke instansie het wat dalk hul bediener snags sluit vir uitgaande verkeer, sou ek voorstel dat u eerder `n gratiswerf skep en u lys daarop publiseer.  Die Afrikanerweb
, Geocities, Angelfire, Tripod en ander plekke bied "gratis" huisvesting aan (Afrikanerweb is die naaste, en van die oorsese bedieners is Geocities die gebruiksvriendelikste).

Die skakel op Termwerf moet ook liefs direk na die termlysbladsy verwys, en nie na `n ander blad nie.  Indien u dus u termlys as onderafdeling van u tuisblad publiseer, wees hierop bedag.  Indien u egter `n inleidende blad wil skep, kan ek `n skakel daarheen ook plaas.

Uiteraard kan ek nie voorskryf hoe `n weglys moet lyk nie.  Laat my egter toe om dit te sê:  Lyste wat eenvormig is, wat as geheel beskikbaar is (nie as geïndekseerde hiperskakels of -nodusse nie), en wat aangenaam uitgelê is, is makliker om te gebruik en is meer populêr.  Verkieslik moet die lyste ook alfabeties wees.
Nieteenstaande bogenoemde dinge sal ek enige lyste verwelkom.  Baie van die lyste wat ek self beskikbaar stel is halfvoltooide projekte waarvan die woorde bloot vinnig saamgegooi en gesorteer is, en dubbelinskrywings uitgehaal is.  Kyk gerus na my werkswyse
(onderafdeling van hoofblad) - dis baie meer sloppy as wat ek sou wou hê.

Tuislyste
By lyste wat ek in hierdie gids ("directory") stoor, is ek ietwat meer vol fiemies as by weglyste.

Lyste wat hier gestoor word moet:  1) 'n enkele teksdokument beslaan (tensy dit `n enorme lys is, wat dan in maksimum drie gedeel sal word);  2) in alfabetiese volgorde gerankskik wees;  3) die getal lemmas vermeld;  4) liefs in Word- of WordPerfect-formaat wees (ek skakel alles na Word97 om voor ek dit na HTML omskakel), in `n universele font (bv. Courier 10);  en 5) `n inleidende paragraaf of twee hê oor wie u is en wat u doen, watter bronne u gebruik het, watter konvensies u gebruik het, ens.;  (`k sal nog aan nog vereistes dink).

Wenke:  probeer om al die woorde op dieselfde manier te lys (hetsy met dubbelpunte of aandagstrepe, ens);  probeer om die volgende te handhaaf:  skei sinoniemvertalings aan die vertaalkant met kommas, en niesinoniemvertalings aan die vertaalkant met kommapunte, en skryf sinonieme aan die brontaalkant in hakies langs die trefwoord;  skryf afkortings en hul volwoorde altyd saam, die een in hakies, en die een wat in hakies is altyd laaste;  wanneer daar verwarring kan wees, dui woordsoort aan, bv. (n) of (v);  wanneer u onseker oor `n woord is, maak `n vraagteken voor die woord, of baie onseker twee vraagtekens, en wanneer u nie die woord kan toelig op `n manier nie, maak drie vraagtekens;  probeer soms register aandui, maar waak terselfdertyd teen oorpreskriptiwisme;  indien u `n woord uit `n spesifieke bron kry of uit afgelei het, dui dit gerus aan (afkortings in hakies werk mooi).

Voorbeelde
van goeie en slegte lyste

`n minder goeie lys:

ampersamd : en-teken; ampersand
accessories : byprogramme, hulpprogramme
byte - greep
binary : binêr/-e, grafika (kyk ook bindary)
bindary (sien binary) ??verbindering
chip: skuifie, skyfie, tjip, vlokkie, blokkie, vakkie, dingetjie
drive (n) : aandrywer
drive : aandryf, beheer, aanhits
eniac - 'n soort rekenaar
floppie - skyf
(GiGo) - garbage in, garbage out (SISU, snert in snert uit)

(formaat nie eenvormig nie;  spelfout in "ampersand";  sinonieme met kommapunt geskei by "ampersand";  meervoud i.p.v. enkelvoud gebruik by "accessories";  niesinoniemvertalings by "binary" met komma geskei;  kruisverwysing na "bindery" onvolledig, en effens onnodig;  geen dubbelpunt by "bindery";  dalk te min verduideliking by "chip";  geen woordsoortaanduiding by "drive (v)", asook geen onderskeid tussen niesinoniemvertalings;  "ENIAC" in verkeerde kas geskryf, en ook nie in volwoord weergegee nie;  Afrikaanse spelling by "floppy";  niestandaard aanduiding by afkorting "GIGO".)

(let op dat ek nie kommentaar lewer op die woord "dingetjie" by "chip" nie, en ook nie by die verklaring by "ENIAC" nie, en ook nie by die vertaling van "floppy" nie - hierdie is nie stylistiese foute nie.)

`n beter lys sou dalk wees:


ampersand : en-teken, ampersand
accessory : byprogram, hulpprogram
byte : greep
binary (adj) : binêre
binary (n) : binêre lêer, binêre grafika
bindery : ???
chip (circuit chip) : vlokkie, blokkie, kringvlokkie
chip (card chip) : blokkie, skyfie
drive (n) : aandrywer (bv. skyfaandrywer)
drive (v) : aandryf (skyf);  aanhits (bv by tweelingprogramme)
ENIAC (Electronic Numeral Integrator and Computer) : ENIAC (Electonic Numeral Integrator and Computer) (elektroniese rekenaar uit 1946 aan Pennsylvania Universiteit, VSA)
floppy  slapskyf, floppie (geselstaal)
GIGO (garbage in, garbage out) : SISU (snert in, snert uit)

Keer hier na die hoofblad van Termwerf terug.  Of skryf vir my by dooie@skakel.com.

Ek vra om verskoning vir die groot spasie hieronder.