Versprei
die boodskap, e-pos dit na 'n vriend ! >> en vyand !
!! LEDE VAN DIE BOERVOLK !!
WIE HET HIERDIE WWW BLAD OPGESTEL
WIE IS DIE BOERE SEPARATISTE
Hierdie persone, wie hulself lede van die Boervolk noem, en
hierdie Web blad opgestel het, is uit die Transvaal en Vrystaatse Separatiste denk
groepe opgemaak, ook is daar ander
Boere hierby betrokke wie nie meer kans sien vir hul gewese groepe, bewegings of partye, en hulle doel
met hierdie WEB is soos volg:-
- Ons doel is nie om hierdie beweging te
beheer en manipuleer nie.
- Ons soek eendrag onder die
Boervolk, nie eenheid nie.
- Ons verlang soveel insette as moontlik
van mede Boerevolksgenote.
- Ons voel dat dit die Boervolk self moet wees wat dit beheer en besit.
- Ons het wel sekere vaste beginsels
rakende die Boere Separatiste Web blad en sal daarby bly staan totdat ons
oorweldigend verkeerd bewys word, en dan ook alleen deur lede van die Boervolk en
nie van volksvreemdes nie. Ook nie van akademici wie met kolonialistiese volksvreemde
idees kom.
- Ons beginsels wat ons
nastreef, kan op hierdie Web blaaie gevind
word.
- Ons doel is om idees daar te stel, sowel as inligting rakende die Boervolk, wat gebruik
kan word in die Vryheidstryd deur ons mede Boerevolksgenote om dus hul
taak makliker te maak.
- 'n Verdere doel is om te help waak teen
die gevare van die
verlede, sodat ons nie weer gevang word in
'n wip soos vantevore nie.
(sien ook Boeke blad, Wie
is die Skuldiges.)
- Ons sal dus ook baie punte en redenasies
hierin noem wat onbekend is tot vandag toe
en wat ook deur baie van die sogenaamde leiersfigure net eenvoudig nie genoem
word en selfs geignoreer word, andersom word die redenasies met sieklike
politieke antwoorde afgemaak en verkleineer sodat die Boervolk nie by
die waarheid kan uitkom nie, als ter wille van die stembus kruisies. Nie vir
die Boervolk maar wel vir die doel om AfrikanerDOM te bevorder.
Dus:
- Inligting daar te stel vir hulle wie
nie meer weet hul is eintlik lede van die Boervolk en dus
nie deel van die Afrikanernasie nie.
- Om sodoende die herontwaking van
Boere-identiteit aan te wakker.
- Om die Boervolk te laat besef dat hy nog altyd as Boere kon saamstaan, soos ander
volke, maar nooit met volksvreemdes nie. Daarom is die ou siek gesegte van " Ag
man, ons Boere kan tog nie saamstaan nie", vals en
verleidelik. Ons die Boervolk, kan saamstaan en sal weer !!.
- Sodat die Boervolk weer self, soos van ouds (soos met Paardekraal) hom
kan beywer vir sy eie Boere
onafhanklikheid.
- Om die Boervolk in te lig oor die gevare en
dubbelagendas van die party-politieke klug rakende die Volkstaat ideologie en
gedagtes.
- Om te wys hoe die Boervolk se eie
geskiedenis, sentimente en ook sy
vryheidstryd alewig gebruik
word deur andere vir die doel van totale mag oor die
Boervolk deur middel van politici en valse organisasies . Ook hoe die
Boere dan geignoreer en verkleineer word vir die se eie
munt.
- Die doel is om die Boervolk te help om hom self te identifiseer, sodat hy dan uit eie geledere
en deur Boere 'n volksverteenwoordigende
liggaam van Boerevolksgenote in die lewe sal roep om vir Boere
onafhanklikheid in 'n Boere Republiek te betoog, omdat daar geen ander groep of beweging is
wat werklik belangstel in die Boervolk as sulks nie.
Ons besef ook en wil wys dat daar verskeie ander groepe is wie
se doel dit is om vir die Boervolk se onafhanklikheid en vryheid te
stry, maar die meeste van hulle wil of hul groep, beweging, party of
"leier" se "eie" Identiteit behou, als ten koste van hul "egoisme" en
dan speel die werklikheid van die Boervolk eintlik by hulle tweede
vijool.
Kom ons vervang die EK, van die egoiste met ONS
binne die Boervolk.
Eendrag sal bereik
word binne die Boervolk, met of
sonder hierdie mense. Om dinge te versnel sal hul egter van hul
egoistiese houdings moet ontslae raak en by en saam met die Boervolk
staan.
- Ook om te wys dat die Afrikaner nog minder
belangstel in die Boervolk en net wanneer dit hulle pas, en dan
die Boere gebruik vir hul eie gewin.
- Let ook op hoe dit altyd die Boer is waarna verwys word as
iets sleg kamtig gebeur, en nie die
Afrikaner nie.
Boere Separatistiese groepe.Hulle het na baie jare van self
aangestelde afwesigheid, om skeuring soos baie dit stel, te verhoed,
besluit dat die tyd nou gekom het om reeds
bestaande Boere groepe wie se ideale suiwer ten opsigte van die
Boervolk was en steeds bly, in een Eendragtige groep saam te vat.
Hierdie groepe het nog nooit belang gestel in ledelyste en
wil ook nie in die toekoms nie. Die doel, is vir die Boervolk om homself te identifiseer en te
herken.
Die Boere Separatiste is nie 'n groep waarby iemand kan aansluit nie,
nee, die doel is alleen om by die
Boervolk aan te sluit.
????Hulle onderskraag net dit waarvoor en
waarby hul voorouers, die Boervolk,
gestaan, geoffer en gesterf het, vir Vryheid en onafhanklikheid .
Transvaal en Vrystaat het nie
Eenheid geken, maar wel Eendrag
Eendrag !! Maak Mag.
Nie eenheid nie.
Daar is tot nou, in 1997, vir 95 jaar lank, geen verteenwoordiging van die
Boervolk op enige vlak gewees of
toegelaat deur die magte in beheer. Nie deur regerings -'of-
politieke-partye-'of- bewegings nie.
Soos wat jy sal kan aflei uit hierdie Web blad, is hier twee groepe
wie sterk na vore kom, nl. die Transvaalse en Vrystaatse
Separatiste.
Ons verwelkom ander wie vir die
Boervolk se vryheid staan, maar in eendrag.
Hulle het besluit om saam die Boere Separatiste te vorm. Dus
wil hulle deur middel van Eendrag, en ook
deur jou insette in die saak, die
vryheidstrewe weer onder die Boervolk
aanwakker. Boerevolksgenoot, kom nooi jouself en sit
hand by vir die verkryging van ons vryheid wat ons in
1910 met Unie wording verloor het.
Die Transvaalse
Separatiste het reeds in 1983 tot stand gekom, en het nie, soos wat deur
sommige mense beweer word, uitmekaar gespat, verval, vergaan of net so in die
niet verdwyn nie. Nog minder is die T.S. opgeneem in die een of ander party,
groep of beweging. Dis onmoontlik, want dit is 'n suiwer
ideologie.
Partye, bewegings en groepe vergaan kort kort en maklik weens
'n gebrek aan 'n ideologie. Hulle gedagtegang word maar net
gebaseer op dit wat hulle sien as trekpleisters vir kruisies by
die stembus. Dus maak dit nie vir hulle saak,
of hul nou so, en later sus maak nie. Die Boervolk maak per
sui nie aan hulle saak nie.
Maar dit is nie die geval met die Boere Separatiste se
ideologie nie. Dit is duidelik standvastig
omdat dit uit 'n verskeidenheid mense met verskillende agtergronde, idees en
sieninge gekom het, en tog het hulle saam net
een eendragtige doel voor oog en verskil dus
nie ideologies oor die Boervolk nie. Ook is dit nie herroeplik, net soos
wat die Boervolk se geskiedenis ook nie herroeplik is nie. Dit is etnies van aard en dus nie
deelbaar met ander nie. (Sien monument te Pretoria.)
Daarteenoor het die Vrystaatse
Separatiste in 1990 tot stand gekom. Hulle het besluit om 'n lae
profiel te handhaaf om nie die media van hul bestaan bewus te maak tydens
die jare van die politieke-partye se struwelinge onder mekaar in die
aanloop tot die 1994 verkiesing.
Hulle het toe reeds saam met die Transvaalse Separatiste begin beplan aan
strategie vir die Boervolk se Vryheid en
Onafhanklikheid tydens die nuwe Vryheidstryd.
Almal wou eenheid gehad het, niks het daarvan gekom nie.
Mens kan twee volke, nie een probeer maak nie.
Nou soek die Boervolk na Eendrag !!
EENDRAG MAAK MAG Nie Eenheid
nie !!!
Terug na hoofblad.
|