![]() |
BOERE SEPARATISTE |
![]() |
![]() |
12 Oktober 2002 |
deur die Transvaal en Vrystaatse Separatiste |
IDENTITEIT |
![]() |
NUUS |
EEN VAN DIE GROOT POLITIEKE LEUENS Dat die BOEREVOLK nie kan saamstaan ! Bog ! Dit is BOER en Afrikaner wie nie kan |
|
TUIS | ENGLISH | DONASIES | POSLYSTE | KONTAK-ONS | POLITIEK ! | BESOEKBOEK | WIE IS ONS | HULP | STEM HIER |
HOOF INDEKS
24,000 Kinder grafte Argiewe Beleid / Manifes Bangjan Bedrog van die jare 1910-1961-1994 Boeke Boer vs Afrikaner Boer Radio Boere Grond Boere Holocaust Boere Identiteit Boere Ideologie Boere Jeug Boere Mans Boere Vrouens Doel Eenheid vs Eendrag Ekonomie ? Fotos Gebeure Gelofte-Bloedrivier Gelofte-Paardekraal Geskiedenis Grondwet ? Grond gebied ! Help Boere Holocaust Identiteit Ideologie Koerant Koloniealers Konsentrasiekampe Leuens Monumente Nadenke Neem deel Oorloë Oplossing Party-Politiek Politieke Gedrogte Poslyste Republiek ? Saam of Teen Separatiste Simboliek Skakels www Traktate Transvaal Tvl Volkslied Valse Rep. 1961 Vroue Blad Vergeet ? Valshede Vlae Volksliedjies Vryheidstryd Volkstaat ? Vrystaat OVS Volkslied Vryheid Volksraad www Skakels Ander !! ?? |
1 INLEIDING (terug) Wat hierdie persepsie nog meer absurd maak, is die feit dat diegene hoofsaaklik gesien word as die "Afrikaners", maar dat die lot dan ook uit die bloute die Boervolk van Transvaal en die Vrystaat, asook die Kapenaar(regte Afrikaners) sou insluit, terwyl die Engelse wat hier woon, geen aandeel in die daad het nie. Die Engelsman word op wonderbaarlike wyse, net eenvoudig nie as deel van hierdie beskuldigings genoem nie.
Hierdie is 'n wanpersepsie, 'n feitelike onakkuraatheid, geskep deur diegene wat die totale politieke mag in die land
ten doel gehad het en wat daarna gestrewe het om die enigste inheemse Wit bevolkingsgroep in die land, die
Boervolk, in 'n groter geheel (groter wordende nasie - van witmense ) op te geneem het om die Boervolk op daardie
wyse te vernietig. Dit is daarom die doel van hierdie voorlegging, om aan te toon dat daar Blankes in Suid-Afrika is, wat nie deel
vorm
van hierdie koloniale erfenis nie; wat dus nie deel is van die "Afrikaners", of te wel die "Wit-Afrikaners"
wat tot onlangs toe nog as die politieke muishonde van die wêreld beskou was nie. Hierdie groep mense is bekend as
die Boervolk. 2 DEFINISIES (terug) 2.2 Alhoewel die internasionale wêreld reeds vir baie jare al verkeerdelik die Blankes van Suid-Afrika as 'n enkele
etniese groep beskou, is daar in der waarheid drie duidelik onderskeibare groepe(volke), naamlik:
In 1899, word Generaal Butler die waarnemende Goewerneur van die Kaap Kolonie.
2.3 Die onderskeid tussen hierdie drie etniese groepe, en in die besonder die laaste twee groepe, nl. die
"Cape-Dutch" [Afrikaners] en die "Boere", is van uiterste belang wanneer die regte van die Boervolk as inheemse
volk bepaal word. 3 BLANKE SETLAARS (terug) 3.2 Nadat die voorrade depot ingerig was, was dit egter 'n ander groep Europiërs wat in die Kaap aangekom het,
wat 'n kern van ware setlaars in die WesKaap gevorm het. Hierdie setlaars het van verskeie Europese lande soos
Duitsland , Holland , Frankryk en 'n paar ander kleiner lande gekom. Ook moet op die volgende gelet word. Daar was
'n aanhoudende gesoebat by die meesters in Holland om nog mense hierheen te stuur, maar dit was nooit goedgekeur
tot eers omtrent die jare 1695 nie. 3.3 Baie van hierdie mense was afkomstig van Protestantse Kerkgenootskappe in Europa, en hulle, het as geestelike vlugtelinge ( oorspronklik het die meeste van hierdie mense voorheen uit die weste van Duitsland, en die laaglande, na Holland of nader gevlug weens die Katolieke agtervolgings in daardie en vorige eeue. ) hier aangekom. Hierdie golf van protestantisme het gelei tot die vestiging van 'n sterk Protestantse etiek, insoverre, dat Protestantisme tot vandag toe die oorheersende Christelike geloofsoortuiging in Suidelike-Afrika is. Dit was ook weens die dialek wat hierdie mense gepraat het, afkonstig van Plat-Duits, en Hollands, dat die Boervolk later geken was vir hul eie taal, wat as Hoog-Hollands bekend gestaan het. Hierdie Boere taal is ook tot in die 20ste eeu gepraat, ook in die Unie parlement, totdat dit in die dertiger jare in die parlement verban is as voertaal. 3.4 Dit is hoe die Kaap onder Hollandse bewind daar uitgesien het. Hierdie bewind het egter al hoe meer
outokraties en onuithoudbaar geword. Stadig maar seker het 'n groep van hierdie setlaars, baie van wie reeds tevore
moes vlug weens vervolging en dus 'n tradisie van onafhanklikheid ontwikkel het, teen die Nederlandse koloniale
bewind begin agiteer. Hierdie agtitasie het uitendelik die "Vryburger-beweging" tot gevolg gehad wat druk op die
Nederlandse koloniale bewind uitgeoefen het om al groter onafhanklikheid te verkry. 3.5 Die Vryburgers was die eerste Blankes in Suid-Afrika wat deel was van die oorgangstadium vanaf setlaars na
'n inheemse volk, gebore uit Afrika bodem. Toe die Vryburger-beweging begin het was baie van die mense reeds tot
twee geslagte van Europa af verwyder. Dit was lede van hierdie gemeenskap wat uit die Kaap begin emigreer het,
gemotiveer deur die begeerte om die juk van Nederlandse koloniale regering af te skud. 3.6 Hierdie agitasie teen koloniale bewind, kan beskou word as die eerste tekens van die enigste inheemse
Blanke volk van Afrika. Dit is daarom weer eens uiters belangrik om in gedagte te hou dat die eerste anti-koloniale
beweging in Afrika, die Blanke Vryburger-beweging was. Dit was die ontkiemingstadium van die Boervolk. Die pogings
om kolonialisme te ontvlug was die oorsprong van die Boervolk. 3.7 Dit is egter ook so dat 'n groot groep, eintlik die oorgrote meerderheid van die Blanke setlaars aan die Kaap,
nie die Vryburger-beweging ondersteun het nie. Die meeste van hulle was heeltemal tevrede met die koloniale opset,
en nog meer tevrede om onder die Nederlandse vlag te bly. Hierdie mense het die kern gevorm wat vandag bekend
staan as die "Arikaner" - hoofsaaklik in die Kaap gebaseer. Hierdie groep word in hierdie voorlegging in detail
behandel. 3.8 Die derde golf van Blanke setlaars het na 1820 in groot getalle in Suid-Afrika aangekom. Die Britse empire het
teen hierdie tyd die Kaap gedurende die Napoleonse oorloë in Europa begin betrek om die Oosterse Seeroete te
beskerm. As gevolg van die Britse besetting van die Kaap, het 'n groot getal Engels- sprekende setlaars in die Kaap
aangekom. Hulle het hulle taal, godsdiens en ander kulutrele opvattinge met hulle saamgebring. 4 DIE KAAP/NEDERLANDSE SETLAARS (terug) 4.2 Diegene wat in die Kaap agtergebly het en onder die Boere wat hul onafhanklikheid nagestreef het, het bekend
gestaan as die Kaapse Nederlanders (die "Cape Dutch") 'n simbool van hulle verbintenisse met Europa. Hierdie groep
het getrou enige Europese koloniale bewind ondersteun en hewige weerstand gebied teen pogings van die vlugtende
Boere om hul bande met die koloniale regerings te verbreek. 4.3 Die hewigheid waarmee die Kaapse Nederlanders die Boere opponeer het was onderstreep toe die Boere
uiteindelik uit die Kaaps/Nederlandse Hervormde Kerk ge-ekskomunikeer is toe hulle die Kaap verlaat het. Die
koerant van destyds, De Zuid-Afrikaan, was die eerste om die "rebelle" te verdoop "emigranten Boeren", en vandaar
die naam Boer. 4.4 Hierdie groep van Kaaps/Nederlandse setlaars het dus altoos die boere-gemeenskap se strewe na
onafhanklikheid en anti-kolonialisme opponeer, en, tesame met die Britse setlaars, was hulle die koloniale meesters
van Suidelike Afrika, en dit terwyl die Boere altoos probeer het om weg te beweeg van hierdie soort mentaliteit en
stand van sake. 5 DIE ENGELSSPREKENDE SUID-AFRIKANERS (terug)
5.2 Die Britte se koms na die Kaap is belangrik want dit het weer eens daartoe gelei dat die Boere, wat toe reeds
aan die wegtrek was uit die Kaap weens hulle verset teen die Nederlandse bewind aan die Kaap, ook die Britte se
koloniale bewind teengestaan het. 5.3 Die Boere se rebellie teen die Britse bewind in die Kaap het 'n hoogtepunt bereik met 'n gewapende rebellie
in 1812/1813, bekend as die Slagtersnek Rebellie. Alhoewel hierdie rebellie gefaal het, het dit duidelik die verskil
tussen die Boere en beide die Nederlands- en Engelssprekende Blanke setlaars, beklemtoon. Die Boere wou geen
deel hê in kolonialisasie nie, terwyl die ander groepe bloot kolonialiste was en niks anders nie. 5.4 Die Britte se vestiging in Suid-Afrika het die tweede grootste etniese groepering van Blankes gevorm. Tot
vandag toe nog het hulle hul Britse erfenis en aangetrokkenheid tot hul vaderland behou, tot selfs in soverre dat
sommige van hulle vandag nog dubbele burgerskap het, of ten minste toegang het tot dubbele burgerskap -
Suid-Afrikaans en Brits. 5.5 Hierdie Engelssprekende element het in sy oorgroter meerderheid van sy geskiedenis in Suid-Afrika, lojaal
aan Groot Brittanje gebly, en boonop die Boere teengestaan in hul anti-kolonialistiese strewe. Die taal, kultuur en
godsdiens van hierdie Britse setlaars vorm nog steeds 'n belangrike deel van hul Europese vaderland. 6 DIE BOERE (terug) 6.2 Die Boervolk- en die Xhosa-trekgeselskappe, het by die Visrivier ontmoet en 'n wyle vertoef. In hierdie tydperk
het die Britse Empire reeds die Kaap-kolonie betrek, en die Boere, wat reeds soveel opgeoffer het om hul Blanke
Nederlandse koloniale meester te ontvlug, het hulself hierdie keer onder Blanke Britse oorheersing bevind. 6.3 Dit was vanuit die Oos-Kaap dat die eerste beweging van wat bekend geword het as die Groot Trek, ontstaan
het. Die Groot Trek was in wese die emigrering, weg vanaf die Britse Empire - net nog 'n bewys dat die eerste
anti-koloniale beweging in Afrika, die Boere-beweging was, 'n inheemse volk wat die oorheersing van 'n Europese
koloniale mag probeer ontvlug het. 6.4 Die hoofrede vir die Groot Trek was as gevolg van die Britse koloniale meesters wat probeer het om die Boere
van die Kaapse grense probeer kolonialiseer het. Daar was ander kleiner faktore ook, maar opsommenderwys kan
gesê word dat dit die Boervolk se hartsbegeerte was om vry en onafhanklik van koloniale oorheersing te wees, wat
aanleiding tot die Groot Trek gegee het. 6.5 Dit is van kardinale belang om daarop te let dat telkens wanneer na die Groot Trek verwys word, daar elke
keer gesê word dat dit die "Boere" was wat aan die Groot Trek deelgeneem het. Daar was geen "Afrikaner" Groot Trek,
en daar was ook geen "Afrikaner" Groot Trek Leiers nie, maar uitsluitlik Boere-leiers van die Groot Trek. Dit is 'n
verdere verwysing dat in hierdie vroeë stadium reeds die Boervolk 'n eie identiteit ontwikkel het, 'n identiteit
afsonderlik van die van die Kaapse Nederlanders en die Engelse setlaars van die Kaap. 6.6 Die Boere het, omdat hulle onafhanklikheid nagestreef het, opgepak en noordwaarts begin uitwyk na wat
vandag bekend is as die Oranje-Vrystaat, Transvaal en tot in Natal. Alhoewel daar verspreide groepe van die
Nguni-sprekende volkere in hierdie gebiede gewoon het, veral in Natal waar die Zoeloes die gesag gevoer het, was
die grootste dele van hierdie gebiede onbewoon weens 'n uitdunningsproses vanweë inter-stam oorloë wat volgens
oorlewering uit die geledere van die Zoeloe koning Tsjaka begin is. 6.7 Die eerste Boere-beweging in Natal het gepoog om met die Zoeloe-koning, Dingaan te onderhandel. Hierdie
pogings om met die Zoeloe oor grondgebied te onderhandel, het gefaal en die Boere-leiers is vermoor. 6.8 Die Zoeloe-leier was egter verslaan in 'n veldslag wat later bekend geword het as die Slag van Bloedrivier in
1838. Die eerste Boere-republiek is kort daarna in Natal gevestig. 6.9 Alhoewel die Boere in werklikheid reeds lank voor die Slag van Bloedrivier hul eie identiteit gevestig het, is
die Slag van Bloedrivier deur die Boere as die simboliese geboorte van die Boervolk beskou, veral omdat die Boere
hul oorwinning by Bloedrivier aan 'n Goddelike ingryping toegeskryf het. Ingevolge die Verbond wat die Boere voor
die Slag van Bloedrivier met God gesluit het, is belowe dat die betrokke dag as 'n heilige dag gedenk sou word, maar
groter nog, dat hulle vir die Here 'n "Huis sou stig", beteken in Bybelse terme, 'n Volk sou stig. 6.10 Die Boere het daarna opnuut onderhandelinge met die Zoeloes aangeknoop. Die nuwe Zoeloe-koning,
Mpande, het toegestem dat die Boere 'n deel van Natal kon betrek. Uit hierdie gebeurtenis is dit weer eens duidelik
dat selfs in hierdie vroeë stadium het die Boervolk reeds erkenning as inheemse volk geniet. Die Boerevolk was nie
as 'n koloniale mag beskou nie. As die Boervolk nie as inheemse volk beskou was nie, bloot as 'n verlengstuk van
die Europese koloniale magte, dan sou die Zoeloes sekerlik nie met die Boervolk 'n ooreenkoms aangegaan het nie.
Die Zoeloes sou verkies het om direk met die Europese magte te onderhandel het. 6.11 Maar, die Britse Empire wou steeds die Boere kolonialiseer en het daarom in 1840 Natal annekseer. Na 'n
paar ligte veldslae teen die Britte, het die Boere oplaas weer 'n keer opgepak en Natal verlaat. Hulle het net 'n klein
groepie Boere in Noord Natal agtergelaat. 6.12 Die Boere uit Natal het daarna by hul volksgenote in die Oranje-Vrystaat en Transvaal aangesluit. Die Boere
in die OVS en Transvaal was toe ook reeds op pad na volkstatus. Alhoewel daar in daardie stadium ook ander volkere
in hierdie dele gewoon het, het hulle die Boere as inheemse volk aanvaar, nogtans het 'n paar grootskaalse botsings
tussen die boere en sommige van hierdie ander volkere plaasgevind. Sulke botsings het gewoonlik gehandel oor
veediefstal of weiding, probleme wat eintlik as normaal beskou word vir inheemse volke om oor te stry. 6.13 In 1852 was die Britse Empire uiteindelik gedwing om self die Boere se onafhanklikheid tydens die Zandrivier
Konvensie te erken. Die jaar 1852 is ongetwyfeld die besliste erkenning ingevolge die Internasionale Reg van die
Boere as 'n inheemse volk. In daardie vroeë stadium is nie net een nie, maar twee onafhanklike Boere Republieke
deur die wêreld erken. Die Boere se erkenning was 'n kontraktuele verbintenis, net soos wat dit in die geval van
enige ander inheemse volk sou wees. Die eenvoudige feit dat die Britse koloniale meester hierdie toedrag van sake
aanvaar en onderskryf het, toon dat selfs die Europese magte die Boere se onafhanklikheid erken het, en dat hulle
ook aanvaar het dat hierdie vrye volk uit Afika ontspring het en nie een of ander koloniale eksperiment nie. 6.14 Intussen het die Boere hul eie kultuur en taal ontwikkel. Feit is dat die taal wat deur die Boervolk gebesig
word, een van die nuutste tale in die wêreld is. Dit is 'n taal uitsonderlik van enige Europese taal en baie van die
woordgebruik se oorsprong is in Afrika te vinde en nie in enige Europese taal nie. Taalkundig dan is die taal van die
Boervolk in Afrika geskep. Dit is net nog 'n bewys dat die Boere en hul kultuur inheems aan Afrika is en nie 'n
koloniale invoerproduk nie. 6.15 Dit is ook van uiterste belang om kennis te neem dat toe melding gemaak is van die onafhanklike republieke,
daar altyd verwys is na die "Boere" republieke en nooit na die "Afrikaner" republieke nie. Dit dien dus as bewys dat
die Boere 'n afsonderlike identiteit as die Kaaps/Nederlanders gehad het. Hierdie afsonderlike identiteit was bevestig
ingevolge die Internasionale Reg by die Zandrivier Konvensie in 1852. 6.16 Alhoewel die Boere gemeen het dat hulle uiteindelik vryheid gevind het weg van kolonialisme, was hulle
verkeerd. Die Britse Empire het nog twee aanslae geloods om die Boere te kolonialiseer en die tweede keer was die
Britte suksesvol. 6.17 Die eerste aanslag om die Boere te kolonialiseer was met die besetting van Transvaal deur 'n klein Britse
kontigent in 1877. Hierdie voorval het direkte aanleiding gegee tot die Eerste Anglo Boere-oorlog (let weer daarop dat
reg deur die geskiedenis word gepraat van die "Anglo Boere-oorlog" en nie die "Anglo Afrikaner-oorlog" nie) en teen
1881 is die Britse magte tot so 'n mate deur die Boere verslaan dat die Britte weer gedwing was om die Boere
republieke te erken. Hierdie stap het amptelike erkenning by die Londense Konvensie van 1884 verkry. Dit was die
tweede keer dat die Boervolk ingevolge die Internasionale Reg erkenning as inheemse volk geniet het. 6.19 Die tweede poging deur die Britte om die Boere te kolonialiseer, het tot die Tweede Anglo Boere-oorlog in 1889-1902 aanleiding gegee (Weer moet daarop gelet word dat dit die Anglo Boere-oorlog was en nie die Anglo Afrikaner-oorlog nie). Hierdie oorlog het gelei tot die ontwikkeling deur die Boere van die metode van gorilla-oorlogvoering. Dit is sedertdien deur vryheidsbewegings reg oor die wêreld gebruik. Alhoewel die Boere soos helde teen die oormag geveg het, het die Britte 'n wrede en tot nou toe onbekende wyse van oorlogvoering gebruik - hulle het die Boer-vroue en kinders bymekaargemaak en hulle in konsentrasie- kampe regoor Suid-Afrika ingeperk. In hierdie konsentrasiekampe het sowat 21 000 vroue en kinders gesterf weens geregtelike teregstellings, hongersnood en mishandeling.Sowat 20% van die Boere-bevolking is op die wyse uitgewis.
6.21 Die houding van die Kaaps/Nederlanders en die Engelse setlaars tydens hierdie oorlog, lewer ook verdere
bewys dat hierdie twee groepe hulself nie met die Boervolk geassosieer het nie. Alhoewel 'n paar Kaaps/Nederlanders
wel die wapen opgeneem het en aan die kant van die Boere geveg het (hulle het gou as die "Kaapse Rebelle" bekend
gestaan en was aan ernstige strawwe onderworpe as hulle gevang was) het die oorgroter meerderheid van die
Kaaps/Nederlanders en die Engelse setlaars in die Kaap en Natal die Britse kolonialisering van Suid- Afrika gesteun.
Dit het in daardie tydvak ook die kolonialisering van vandag se Botswana, Zimbabwe, Zambia en gebiede verder
noord, ingesluit. 6.22 Die Verdrag van Vereeniging het dus beteken die onderwerping van die Boere aan die Blanke Europese
koloniale meesters - 'n lot wat 'n menigte ander inheemse volkere te beurt geval het, en dit, terwyl die Britte en ander
Europese empires steeds Afrika en ander wêrelddele as hul eie persoonlike besitting beskou het. Die Boere se geval
was egter uniek daarin dat hulle die enigste Blanke inheemse volk was wat aan koloniale gesag onderwerp is - 'n
volk wat deur die Britse Uitsaaikorporasie genoem is "Die Wit Stam van Afrika". 7 DIE "AFRIKANERS" (terug)
7.2 Die Britse Empire het besef dat hulle die Boere vir eens en vir altyd onder beheer moes kry en 'n plan is toe
bedink om die Boere Republieke te neutraliseer - 'n plan om 'n soort "eenheid" tussen die Boere en die ander twee
Wit segmente in die Britse kolonies in Suid-Afrika te bewerk. 7.3 Die nasionale konvensie van 1908, was die breinkind van die Britse meesters van Suidelike Afrika. Hulle het
gesorg vir die skepping van die Unie van Suid- Afrika. Hierdie unie het bestaan uit die voormalige Kaap Kolonie, die
Natal Kolonie en die twee voormalige Boere Republieke. Hierdie unie was nie bloot 'n geografiese "gerief" nie, maar
'n doelbewuste plan om te probeer om die Boere, wat onafhanklik wou wees, te vermeng met die Kaap-Nederlanders
en die Engelse setlaars. 7.4 Dit is noodwendig dat mens daarop moet let dat die Britse empire hierdie tegniek van hulle ook in ander dele
van Afrika toegepas het, soos onder meer Nyassaland (Malawi), Noord-Rhodesië (Zambië) en Suid-Rhodesië
(Zimbabwe). 7.5 Die voorste verteenwoordiger van die Britse Empire in Suid-Afrika, Sir Alfred Milner, het dit so gestel: "Die
nuwe taktiek (om die Boere te onderwerp) moet wees om die onderskeie gebiede van Brits Suid-Afrika te konsolideer
in een nasie. Alhoewel die konsolidering aanvanklik die Boere in politieke beheer van die ganse Suid-Afrika sal
plaas, sal dit, ironies genoeg, uiteindelik tot hulle val lei". 7.6 Dit is natuurlik presies wat gebeur het, maar nie voordat 'n nuwe naam vir die nuwe "nasie" waarvan Milner
gepraat het, ontwikkel is nie. Hulle sou nie daarmee voortgaan om die nuwe nasie 'n "Boere-staat" te noem nie want
die Boere was toe 'n onderwerpte volk. Hulle kon dit ook nie 'n Kaaps/Nederlandse staat noem nie want die
Nederlandse kolonialiste was toe reeds Britse kolonialiste. Om ooglopende redes kon dit ook nie 'n Britse staat
genoem word nie. Die antwoord was in 'n algemene term en so is die inwoners van die nuutgevonde unie "Afrikaners"
genoem. Alhoewel die woord einlik "African" (Swartmens) beteken, is dit deur 'n groep Kaaps/Ne-derlandse
propagandiste onder SJ du Toit in 1880 in literatuurwerke verpolitiseer (Dit was ook dieselfde jaar waarin die Boere
die wapen teen die Britse kolonialiste opgeneem het). Dit was toe dat besluit was om die Boere, die Kaaps/Nederlanders en die Engelssprekende Wit bevolkings te
vermeng en hulle tot die versamelnaam "Afrikaners" te verdoop in plaas daarvan om na al drie volgens hul etniese
grondslae te verwys het. 7.7 Dit is dan hoe die wêreld begin hoor het van "Afrikaners", alhoewel daar net 80 jaar gelede, nog nie so 'n
woord in die internasionale woordgebruik was nie. 7.8 Deur die Boere in die Unie van Suid-Afrika in te dwing het die Britte die Boere mede-verantwoordelik gemaak
vir die beleid van rasse-segregasie, 'n beleid wat natuurlik deur die Britse koloniale regering gemaak en in wetgewing
vervat is. 7.9 Die nuwe "Afrikaners" - in der waarheid eintlik 'n koalisie van die drie Wit groeperinge - het hulle bes probeer
om die rasse en geografiese nalatenskap van die Britse koloniale tye te handhaaf. Dit was as gevolg van hierdie
ramp, dat die beleid van Apartheid ontwikkel is. 7.10 Dit is van kardinale belang om daarop te let dat die Boere, wat onwillig in die Uniewording van Suid-Afrika
ingesleep is, by die eerste beste geleentheid probeer het om hulself te bevry. Dit is wat gelei het tot die 1914 Boere
rebellie, wat geëindig het toe sekere generaals uit die Boere-era doodgemaak of in tronke gestop is deur die pro-Britse
Unie van die Suid-Afrikaanse regering. 7.11 Dit is dus onregverdig van die internasionale wêreld om die "Boere" te beskou as die mense wat
verantwoordelik is vir dit wat in Suid-Afrika plaasgevind het in die tweede deel van die 20e eeu. Die Boere was net
soveel slagoffers van die koloniale magte as wat menigte ander inheemse volk in Suid-Afrika was. 7.12 Milner se woorde (soos in 7.5 hier bo) is bewaarheid. Deur die Boere in die valse Unie-wording van
Suid-Afrika in te gedwing het, is die Boere gedwing om hulle aan die breë Suid-Afrikaanse Britse kolonie te
onderwerp. 8 'N INHEEMSE VOLK (terug) 8.2 Die bewindsverandering beteken egter glad nie dat die onderliggende redes vir die val van die Unie van
Suid-Afrika (later die Republiek van Suid-Afrika), uit die weg geruim is nie. Daardie redes bestaan steeds, en dit is die
realiteit dat daar verskeie etniese groepe, inheemse volkere, in die groter Suid-Afrika is wat almal stry om hul eie
geografiese gebiede en leefruimte. 8.3 Die Boervolk is een van hierdie inheemse volkere. Die Boervolk het nie verdwyn nie. Die Britse Empire het
probeer om die Boere uit hulle volkskap te manuvreer, maar in werklikheid het hulle nie daarin geslaag nie. 8.4 Die bestaan van die Boervolk het niks in gemeen met rassisme of apartheid nie. Die Boervolk het bestaan
lank voordat daar Apartheid was. Die Boervolk is 'n goed gevestigde inheemse volk wat die eerste anti-koloniale
vryheidsoorloë in Afrika geveg het. Dit het geen verskil gemaak dat die kolonialiste ook Wit was nie. As die Boere,
volgens die wêreldmening, eenvoudig net "wit rassiste" was, dan sou die Boere nooit die wapen teen Wit kolonialiste
opgeneem het nie! 8.5 Die feit dat die Boere onderwerp was, neem hoegenaamd nie die feit weg dat die Boere 'n eie volk is nie. Die
Boervolk het sy eie unieke geskiedenis, sy eie tradisies, feesdae, politieke dispensasie, politieke filosofie, hulle het
hul eie grondgebied gehad (Staat), eie simbole, eie vlae, eie volksliedere, ens. - EN DIT ALLES HET UIT DIE AFRIKA
BODEM ONTWIKKEL! Die Boervolk is dus 'n ware inheemse volk, en dit in kontras met die ander twee Wit etniese
groepe in Suid-Afrika, wat self niks nuuts of oorspronklik ontwikkel het nie, maar trou gebly het aan die koloniale
meesters se embleme en tradisies. 8.6 Die Boere vra nie om 'n Staat of gebied vir die "Blankes" van Suid-Afrika nie. Dit is 'n klug waarmee
weggedoen moet word vir eens en vir altyd. Al wat die Boere wil hê is 'n eie onafhanklike gebied, net soos wat hulle
gehad het voordat die Wit kolonialiste hulle van vervreem het. Niks meer nie en niks minder nie, word vereis. Ons
herhaal: Hierdie het niks met rassisme of ras te doen nie. Hierdie is eenvoudig die begeerte van 'n inheemse volk
om hulself te wees en hulself in hul eie geografiese gebied te regeer. 9 OPSOMMING (terug)
|
Kontak:
E-pos die Boere Separatiste. Sluit aan by een van die poslyste, en neem deel aan die gespreke en Boere volksbou. Laaste datum van hersiening; 15 Augustus 2002. |