Vir Francois en Gitte se verjaarsdae het ons 'n partytjie gehou by die beach club vir Gitte, en vir Francois het ons en sy vriende gaan kamp.
'n Reuse
opblaas glyplank het die kinders vermaak
Jenna het
onder die tafel rond gekruip en sweets opgetel
Ons is na 'n deel wes van van Turayna (of ook genoem Trania).
N 24 46.525
E 51 08.826
Die omgewing is woestyn, met dan kolle-kolle bome/bosse.En
selfs GROOT bome! Irene en Kobus moet opkyk.
Ons het
lekker kamp opgeslaan so tussen die bosse. Dit het die wind
heerlik afgeskerm.
Die aand was vuurmaak en braaivleis ....
en vuurwerke!
Hier is
Irene en die kinders besig met ontbyt die volgende oggend.
Kobus en
Alta was baie braaf en het hare gewas - maar die water was maar
bietjie koud.