Ons was Turkye toe van 13 April 2001 tot 27 April 2001. Hier is 'n klompie foto's:
Hierdie bladsy neem so 3-4 minuute om te laai...
Gitte sit in
die venster van die Dubai museum. Dubai lê in die agtergrond.
Francios en
Gitte klimp in 'n palmboom in die Creek Park in Dubai.
Hier eet ons
ontbyt op die dak van die hotel, met Istanbul in die agtergrond
Een van die
vele klein straattjies in Istabul
Van Istanbul het ons Antalya toe gevlieg.
Ons is vir 'n week in die RCI oord "NaturLand" ingeboek.
Hier is die
karretjie waarmee hulle mens na die hut toe neem.
Irene, Pa en
Ma Bovill lê op die strand en tel klippies op. Die hele strand
is net spoel klippies (geen sand nie).
Lekker sit ons
op die strand en bestel iets te drinkte.
Pa neem video,
met die hysbak se spore in die agtergrond.
'n Ou
moskeetoring geneem deur 'n ou gebou se venster in Antalya.
'n Deel van
die ou maar in kontras met die nuwe stad
Die ou
stadspoort. Kyk na die spore wat die waens in die marmer geloop
het.
Nog 'n foto
van die stadspoort. Die toring in die agtergrond lyk so van bo af:
Van bo uit
een van die torings by die ingang na die ou stad Antalya.
Beelde in die
Antalya Museum. Meeste beelde kom uit Perge.
Hier is
Francois by 'n ry brandwurms wat so in 'n streep loop.
Een dag het
ons die "alternatiewe roete" huistoe gery, en deur
menige klein dorpies gery. Hierdie huise is die hoenderhoek.
In hierdie
restaurant is 'n visdam. As mens forel bestel, vang hulle die vis
hier voor jou en gaan maak dit gaar. Heerlik geëet!
Die huise en
grafte is uit die rots gekap - in die fynste detail.
Die grootste
amphiteater wat ek in my lewe gesien het!
Oral word
groente in glas huise en plastiek tonnels gegroei.
Oppad Myra
toe, is daar water skilpad broeiplekke, met hierdie teken langs
die pad.
Oppad
Olympos toe is daar 'n hotel waar mens in boomhuise bly.
en waar ons
weereens lekker kon eet.
So 3/4 uur
se stap teen die berg op naby Olympos, is daar 'n deel in die
berg waar gas sommer netso uit die grond kom, en dan brand!
Hulle kook
sommer koffie en tee netso op die klip, en verkoop dit aan die
dors toeriste.
Maar na die
stappie is dit darem baie lekker om 'n yskoue koeldrank te drink.
Daar is heelwat ou tempels en geboue in die direkte omgewing van
die vlamme.
Oppad terug
het ons weer vis gaan eet. Die vis word in die natuurlike rivier
gehou. As jy bestel, vang hulle dit en maak dit net daar gaar.
Ons het so
onder die bome langs die rivier gesit en eet.
Buite die ou
stadium waar "chariot races" en slawe vir leus gevoer
was, was ingange en winkeltjies, en nou groei lande vol blou
blommetjies.
Hier is 'n
oorsig oor die ou stad van Perge vannaf die akropolis. Water het
van die fontein in die voorgrond afgeloop in die middel van die
hoofstraat.
Hier is een
van die pilaar gange.
Gitte sit by
van die mosaiek op die vloer.
Die
hoofstraat mer marmer vloere, en pilaar gange.
Orals groei
hierdie lelies tussen die reunes.
Die rivier
loop reguit in die see in!
Kalkryke water vloei
uit en vorm natuurlike poele.
Die agtergrond van die bladsy is 'n foto van bo af van die poele wat vorm.
Hier is
Gitte - moëer as moeg!
Ons het in
die Kervansaray hotel gebly.
Van pamukale is ons in Izmir se rigting waar Efese is:
Die
amphiteater
'n
gerestoreerde muur van die biblioteek
Francois by
van die beelde
Die marmer
blokke is geheg met yster stafies waarna die spasies met lood
gevul is.
Hendrik in
die voorgrond met die marmer gang in die agtergrond
Van Efese/Ismir
af het ons gery in die rigting van Istanbul. Ons het oornag is
Balikeser - in die "Akdemir Hotel" - nie aan te beveel
nie!
Die volgende
dag het ons die kar ferry gevat Istanbul toe.
Ons het in
die Green Hotel gebly,
en onder in
die restaurant geëet.
Hier is
Francois en Gitte in die Blue Mosque.
Ma Bovill
kry 'n skoen politoet by een van die (vele) straat verkopers.
Hier is
Francois en Gitte met die see in die agtergrond.
'n Uitsig
oor die stad by die TopKapi paleis.
Oupa en
Gitte het nou genoeg getsap!
'n straat
musikant speel vir die kinders.
Die Cistern
is 'n ondergrondse water reservoir. Dis gebou met allerhande
"afval" pilare en beelde. Hier is Medusa onderstebo
gebruik.
Irene en die
kids by een van die pilare.
Francois en
Gitte in 'n BAIE BESIGE straat in die bazaar area
Na nog
rondloop na die Covered Bazaar, rus ons bietjie die seer voete.
Francois
tussen die duiwe by die hawe waar mens die gebraaide vis in 'n
broodtjie so van die bote af koop.
Click here to download our Turkey GPS points.