FREEK se Suid Afrikaanse POHL Familie Tuisblad

Suid Afrikaanse Pohl Familiewapen
Oorsig
POHL Verkorte Familie Geskiedenis en Stamboom
Ons weet tans maar min van die vroeëre Europese geskiedenis
van die Pohl familie. Daarvoor het die voortdurende oorloë en
gepaardgaande vernietiging van dokumentasie gesorg. Ons dra wel
kennis van 'n familie met die naam von Polentz (Polenz, Polenzsk, Polenski)
wat in die vyftiende eeu in die oostelike Duitse gebiede naby die Poolse
grens en die Lausitz gebied gevestig was. Lede van hierdie familie het die
Hertog van Pommere destyds op 'n ekspedisie na Jerusalem vergesel en na
aanleiding daarvan is 'n familiewapen, wat met daardie avontuur verband hou,
later aangeneem. Kenmerke van die wapen is die blou vere van die Hertog se wapen
, die silwer ster van Jerusalem en 'n goue skeepsklok.
Die Suid-Afrikaanse Pohl's is in besit van 'n soortgelyke familiewapen
wat vemoedelik deur hul stamvader Carl Friedrich Pohl
(1768-1844) hierheen gebring is. Hierdie wapen dui dus op 'n moontlike
verbintenis met die ou von Polentz familie. Daar word ook bespiegel
dat die naam von Polentz moontlik met die eeue toenemend verduits het,
bv. na von Pohlentz en later net Pohl.
Carl Friedrich Pohl se vader, Ephraim Pohl(1735-1815) getroud met
Sophie Judith Dopecke (oorl. 1806) asook sy oupa, Bonaventura Pohl(1700-1757)
getroud in 1728 met Barbara Rindfleisch(1701-1785), was beide gesiene
handelaars en wewermeesters van die stad, Schivelbein in
Pommere, Pruise.(Tans Swidwin in Pools-besette gebied.)

Dit is hiervandaan dat Carl in ongeveer 1787 die onbekende in vertrek het maar sy bestemming
was nie noodwendig die Kaap Die Goeie Hoop nie. Volgens oorlewering het hy
iewers op see siek geword en moes hy in 1793 aan die Kaap aansterk. Daar het hy egter
'n meisie by name Hester Isabella Marx(1779-1861), dogter van 'n bekende
Kaapse familie ontmoet, met wie hy in 1799 getroud is en by wie hy uiteindelik
tien kinders sou hê. So het dit dan gebeur dat Carl in Suidelike Afrika aangebly het.
Inhoud van die Tuisblad :
Vir 'n verdere kennis van die verkorte geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Pohl's is U welkom om deur die res van die bladsye te lees.
Na Engelse Hoofblad |
Volgende Bladsy: Suid Afrikaanse Pohl familiewapen


Doel van die Tuisblad .
Om nuwe inligting aangaande die Pohl familie te bekom (Suid-Afrikaans en Wêreldwyd)
en om bestaande inligting aan belangstellendes beskikbaar te stel.
Kom aan !!! Stuur E-pos sodat ons Pohl's mekaar beter kan leer ken

Los vir my 'n Boodskap|
|
Kyk Wie was al Hier
Die Bladsy is al
keer besoek sedert 12/12/1977
Die Tuisblad word verskaf deur 
Kry jou eie Gratis Tuisblad