|
|
![]() |
|
Tans ly Afrikaanse terminologiewerk onder faktore soos te min geld, te min akademiese ondersteuning, en te min belangstelling. |
Opsomming
.
Vir baie akademiese siele is terminologie 'n twispunt. Wat is die
verskil dan tog tussen termino- en leksiko- en -grafie en -logie?
.
En wie se werk is makliker - die termskepper of die termversamelaar s'n?
Wie versamel en wie skep? Geen termskepper is suiwer skepper nie - hulle
is meesal snuffelaars wat maar net hier en daar improviseer (lees "skep").
.
Termskryf behels die omgaan met terme, met woorde, selfs met sinne. Hier
werk 'n mens met die basiese boustene wat kommunikasie so goed moontlik
dien. Hoe kan ek optimaal kommunikeer? Hoe bereik ek my doel die beste (deur
taalgebruik)? N.S. .Persoonlik stel ek baie belang in rekenaarverwante termskryf. Die jongste goeie rekenaarwoordeboek in Afrikaans is 15 jaar oud en lankal uit druk. En nie so "outdated" nie. . |
. |
Algemene leksikografie
.
Die meeste van my kennis oor leksikografie kom uit my derde jaar op
Technikon, toe ons Rufus Gouws se "Leksikografie" moes koop, self lees, en
'n eksamenafdeling daaroor skryf. Die Point-verslag van die Europese Unie . 'n Lywige dokument wat ongelukkig te veel tyd spandeer aan die debakel terminologie vs terminografie. Hulle het hulle menings, ek het ook.. Of "ekserpsie", soos Annette Combrink dit noem. Sy's heel moontlik reg ook nog. Sy's immers baie ouer en meer ervare as ek.. 'n Boek in die een hand, 'n pen en papier in die ander. 'n Laatmiddag tydverdryf vir die werklose en verveelde student. Geen haas.. Laat 'n nifty programmetjie alles vir jou doen. Verskandeer 'n boek, doen 'n speltoets (sonder 'n woordeboeklęer), en druk aanmekaar "Add word". Nee, eintlik is dinge deesdae baie meer gesofistikeerd. Vertel hulle my.Nasionale Terminologieburo ("The Void") . A void not to be avoided. Ek't my bes probeer om inligting oor hierdie enigmatiese gilde in die hande te kry. Hulle bestaan blykbaar nog.... . . . |
![]() |
(c) 1998 Samuel Murray dooie@skakel.com . http://www.xoom.com/~dooieskakel/termmain.html . site created 1998-06-13 updated (this page) 1998-06-13 |