Welkom by rekenaarterme@egroups ... hier vertaal ons rekenaar en Internetterme in Afrikaans.
Welcome to our project ... here we translate new computer and Internet terms into Afrikaans.

rekenaarterme

Welkom by rekenaarterme@egroups. Ons is 'n poslys wat nuwe en bestaande rekenaar- en Internetterme bespreek en Afrikaanse vertalings daarvoor vind. Ons werk aan 'n projek om 'n uitgebreide Engels - Afrikaans woordelys op die Internet beskikbaar te stel.

Indien u opsoek is na Internetterme, besoek gerus die Afrikaanse woordelys by Foldoc. Besoek ook gerus die webwerf van die Stigting vir Afrikaans.

Enige vrae is welkom, by rekenaarterme-owner@egroups.com.


Welcome to rekenaarterme@egroups.com. Our mailing list discusses new and existing computer and Internet terminology, in order to find Afrikaans translations for them. We are working on a project to make available an expanded English - Afrikaans word list on the Internet.

If you are looking for Internet terminology, please visit the Afrikaans word list at Foldoc. Also, do visit the website of the Foundation for Afrikaans.

Any questions can be directed to rekenaarterme-owner@egroups.com.


foldoc projek

Die jongste weergawe van die Afrikaanse lys van die Foldoc projek is altyd beskikbaar by http://www.up-front.co.za/cgi-bin/pywiki?RekenaarTerme. Hierdie is die lys van terme wat bespreek is deur die rekenaardeskundiges en -entoesiaste wat deelneem aan die rekenaarterme@egroups poslys. Verskeie vertalings word oorweeg, en nuwe idees en woorde word telkens ingewerk.

As grondteks vir die Afrikaanse Foldoc lys is die Stigting vir Afrikaans se rekenaartermlys gebruik, tot onlangs nog een van die mees volledige hulpbronne van Afrikaanse rekenaarterme op die Internet. Op die poslys word bestaande en nuwe terme bespreek. Nuwe stemme is altyd welkom, en ons moedig juis deelname van alle rekenaarentoesiaste sterk aan.

Sluit aan by die poslys en word deel van ons beprekings. Stuur bloot 'n leë e-pos aan rekenaarterme-subscribe@egroups.com.

stigting vir afrikaans

Wyle professor Johan Combrink het 'n begin met 'n lewendige rekenaarwoordelys op die webwerf van die Stigting vir Afrikaans. Hierdie baanbrekende termlys was tot onlangs toe nog sekerlik die volledigste en gewildste bron vir Afrikaanse rekenaar- en Internetterme wat op die 'Net beskikbaar is. Die lys is onlangs bygewerk en nuut oorgewerk tot 'n volledige hiperteksgeskakelde woordelys. Lede van die publiek kan ook hul eie terme bydra.

Die Stigting vir Afrikaans se webwerf het ook lyste van verskeie ander hulpbronne wat onmisbaar is vir mense wat belangstel in taal en rekenaars. Daarby saam is die Stigting se werf die perfekte springpunt vir enige iets wat met die liefde vir Afrikaans te doen het.

Besoek gerus die Stigting vir Afrikaans se webwerf, by http://www.afrikaans.com.

ander termlyste

Ons moedig mense aan om ons amptelike lys van jongste terme te gaan besoek by die Afrikaanse Foldoc projek. Die terme waaroor daar in die poslys die meeste konsensus behaal is, staan in daardie lys. Dan is daar natuurlik ook die Stigting vir Afrikaans se termlys. Ander rekenaarentoesiaste trek soms ook hul eie rekenaartermlyste op, en sulke lyste dien vir ons as groot basisbron of naslaanbron vir wat nuut is op die terrein van Afrikaanse rekenaarterme.

Die Afrikaanse Foldoc rekenaartermlys
http://www.up-front.co.za/cgi-bin/pywiki?RekenaarTerme

Die Stigting vir Afrikaans se rekenaartermlys
http://www.afrikaans.com/rekenaarterme.html

Samuel Murray se kort rekenaartermlys
http://www.geocities.com/Wellesley/5897/le06.html

Afrikaans oppie Net se kort rekenaartermlys
http://members.tripod.com/~vds/afroppinet/woordelys.html

Inhuis termlyste en -dokumente
Soms huisves ons informele onvoltooide en onnagesiende persoonlike termlysies op by rekenaarterme@egroups se werf. Hierdie lyste dien as brondokumente en as interessante verwysings, maar word nie amptelik onderskryf asof dit voltooide gepubliseerde werke is nie. Hierdie lyste kan slegs deur mense wat aan die poslys deelneem, besigtig word.
anton_se_lys_soos_gepos_op_afrikaans_at_atio.txt
nederlandse_terme_algemeen.txt
samuel_murray_netwerktermelys_onvoltooid.txt
samuel_murray_stokou_rekenaartermelys_onvoltooid.txt
en die oorspronklike bronteks van terme.txt

ander woordeboeke
Enige iemand wat belangstel in die vertaal van rekenaarterme se eerste bron van inligting is ongetwyfeld die verskeie bestaande woordeboeke en ander hulpbronne wat algemeen beskikbaar is. Sommige werke is weliswaar tans slegs by biblioteke beskikbaar, maar ander boeke is algemeen verkrygbaar. Ons bied hier 'n kort lys van woordeboeke wat vir rekenaarentoesiaste van waarde kan wees.

Coetzee, Du Plooy en Cluver
Tweetalige rekenaarwoordeboek, 1985 (uit druk)
McGraw-Hill

Dodds en Grobbelaar
Tweetalige rekenaarwoordeboek, 1988 (uit druk)

Terblanche
Engels-Afrikaanse tegniese woordeboek, 1993
Nasou

Cillie
Woordeboek met elektrotegniese, elektroniese en aanverwante terme, 1998
ATKV



http://www.egroups.com/groups/rekenaarterme/rekenaarterme.html
rekenaarterme-owner@egroups.com (vir navrae)
datum bygewerk 2000-01-31
html-skrywer: sm