Looking for someone to translate that English text into the South African language Afrikaans? Need a document translated into the other language? Then perhaps we can help. For proofreading, interpreting and translation between English and Afrikaans you've found the place.

afrikaans / english ... vertaalwerk
e-pos: deadlink@dead.link
ons nasionale vlag

Ons kan u help met u vertaalbehoeftes tussen die tale Afrikaans en Engels. Wil u 'n teks in die ander taal hê? Het u 'n voorlegging in die tweede taal nodig? Of dalk wil u slegs die basiese betekenis van 'n anderstalige dokument weet?

Ons kan u help! As Suid-Afrikaners wat tweetalig grootgeword het, wat elke nuanse en elke klein betekenissie van elke woord en sinsnede in albei tale ken, is ons verseker die regte persone om enige iemand met hul vertalings of proefleeswerk te help.

... wat ons vir u kan doen
Vir enige taalwerk tussen die tale Engels en Afrikaans, of selfs binne slegs een van hierdie tale, sal ons vir u kan help. Ons het verskeie dienste beskikbaar:

... ons werkstandaarde
Ons mik altyd vir die hoogste standaarde van vakmanskap. Ons is baie trots op ons vermoë om 'n produk of diens te lewer wat vergelykbaar is met die beste in die wêreld. Die meeste van ons medevertalers het taal- en vertalingsgrade en -diplomas.

Vir Afrikaanse tekste... gebruik ons altyd die standaarde wat deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns neergelê word. Die Akademie se gesaghebbende reëlboek, die "Afrikaanse Woordelys en Spelreëls" vorm die grondslag waarop ons bou.

In gevalle waar die reëlboek dalk vaag of niespesifiek is, maak ons altyd seker ons vertalings is prakties en verstandig, in lyn met die gees van die Akademie se doelwitte.

Vir Engelse tekste... volg ons die spel- en grammatikareëls vervat in standaardwerke wat deur die hele Engelse gemeenskap aanvaar word. Vir spelling, grammatika en styl volg ons die reëls van Collins en Oxford. Suid-Afrikaanse Engels volg gewoonlik die Britse stelsels. Ons is ook altyd daarop attent wanneer ons vir 'n nie-Suid-Afrikaanse mark skryf dat ons Suid-Afrikanismes vermy.

... ons pryse en fooie
Vanweë die baie wisseling in die internasionale Rand-wisselkoers mag dit wees dat fooie vir plaaslike kontrakte baie van die oorsese fooie verskil. Oorsese fooie word in Pond Sterling aangegee op ons internasionale webwerf, maar ons gee nie eintlik om watter geldeenheid gebruik word nie.

Ons vra ook verskillende bedrae vir verskillende hoeveelhede werk. Vir 10 of meer bladsye is die prys rofweg twee-derdes van die gewone prys, en vir 25 of meer bladsye is dit rofweg half die gewone prys per bladsy.

Alhoewel ons ons pryse per bladsy aangee, volg ons die erkende gebruik deur 400 woorde per bladsy te veronderstel, wat beteken dat ons eintlik per 400 woorde, of gedeelte daarvan, vra.

Vir volledige vertaling (algemene tekste)...

Vir volledige vertaling (tegniese tekste)...

Vir kopieskryf...

Vir oppervlakkige "vertaling"...

Vir volledige taal- en stylversorging...

Vir oppervlakkige taalversorging...

Betaalwyses

Ons aanvaar gewoonlik enige betaalmetode wat vir albei partye geskik of maklik is. Vir langer afstande is dit gewoonlik deur middel van geregistreede pos, hetsy kontanttjek (wat ons verkies) of persoonlike tjek, of deur bankoordrag. Waar dit gerieflik is, en so aangevra word, kan aflewering en betaling sommer gelyktydig persoonlik geskied.

By uitsondering is pryse onderhandelbaar, veral by vertaalwerk van meer as 50 bladsye.

... geïnteresseerd?  kontak ons gerus
Ons nooi u hartlik uit om ons per e-pos, telefoon of gewone pos te kontak. Ons het geen voorkeur as dit by kommunikasiemetode kom nie. Ons lees gewoonlik e-pos eenmaal per dag, om 23:00.

Ons telefoonnommer is: (021) 948-6562 (vra vir Samuel Murray).
Ons e-posadres is: deadlink@dead.link.
En ons gewone posadres is: Sultanastraat 20; 7530 BELLVILLE.

Ons het verskeie vertaalmedewerkers. Gewoonlik sal al die werk deur myself, Samuel Murray, gedoen word, maar ek kan ook uitkontrakteer aan een van my kollegas. Die finale kontrak is tussen die kliënt en myself, tensy waar anders gereël.

Sommige van ons medetaalprakteurs...

Samuel Murray, Nat. Dipl. Taalpraktyk (1995), SAVI (1629) nie-geakk.
Algemene werk, tegniese tekste, en veral rekenaarverwante tekste.

M. Webber, Nat. Dipl. Taalpraktyk (1997)
Algemene werk, veral ook akademiese tekste.

Ander vertalers en taaldienste...

Logos Vertaaldienste behartig vertalings tussen die tale Nederlands, Duits, Frans, Portugees, Spaans en Engels. Hulle kan ook dokumente vanuit Afrikaans na enige van hierdie tale vertaal. Hulle webwerf is by www.afrikaner.co.za/vertalen.


Hierdie werf is ook in Engels beskikbaar by
www.afrikaner.co.za/termwerf/oldleucette.html,
en in 'n internasionale weergawe, by
www.afrikaner.co.za/termwerf/oldleucetti.html.

free webspace at afrikaner.co.za

html writers' guild
I am a member

(c) Samuel Murray, 1998
smurray@mweb.co.za

http://www.afrikaner.co.za/termwerf/leucette.html

werf geskep: 1998-09-03
werf hersien: 1998-09-03

. . www.fxweb.com