|

Matie Gemeenskapsdiens is verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch.

"We make a living by what we get. We make a life by what we give."
Vrywillige studente help Matie Gemeenskapsdiens om ophefwerk te doen in gemeenskappe naby die kampusse van die Universiteit van Stellenbosch.
Ons gebruik ook die Universiteit se kundigheid en sy studente om noodsaaklike dienste en ontwikkeling in hierdie gemeenskappe te verrig.
Matie Gemeenskapsdiens, Privaatsak X1, MATIELAND, 7602.
Tel: +27 (0) 27 808 3687. Faks: +27 (0) 21 886 5441. E-pos: ecmu@maties.sun.ac.za
AFRIKAANS / HOOFBLAD / ENGLISH
|
Welkom!
Die welkombladsy bevat ons kontak details en 'n werfkaart.
Wie is ons?
Hier kan u meer lees ook wie en wat Matie Gemeenskapsdiens nou eintlik is.
Programme
Matie Gemeenskapsdiens het verskeie projekte, wat in vyf onderafdeings (programme) verdeel is. Die vyf programme is Jeugontwikkeling, Volwassene opleiding, Primêre sorg, Leierskapsontwikkeling en Entrepreneursontwikkeling. Elkeen van die programme het sy eie bladsy.
- Jeugontwikkeling
Ons wil graag die jeug aanspoor om 'n positiewe ingesteldheid te hê en om 'n sukses van die toekoms te maak.
- Volwassene opleiding
Ons wil ook volwassenes wat min skoolgeleenthede gehad het, oplei in basiese geletterdheid en ander moderne sosiale vaardighede.
- Primêre sorg
Ons wil primêre gesondheid in gemeenskappe bevorder met supplementêre programme en opvoedingsveldtogte.
- Leierskapsontwikkeling
Ons identifiseer graag leiers en lei hulle op om selfs beter leiers te wees in hul gemeenskappe.
- Entrepreneursontwikkeling
Ons wil entrepreneurskap aanmoedig en kleinsakeondernemings bevorder deur 'n verskeidenheid programme en aktiwiteite.
Takke
Ons het drie takke, een elk op die drie kampusse van die Universiteit van Stellenbosch. Die drie kampusse is Stellenbosch, Tygerberg en Saldanha.
- Stellenbosch
Die Stellenbosch kampus is die grootste van die drie kampusse van die Universiteit. Ons hoofkantoor is ook op die dorp Stellenbosch geleë.
- Tygerberg
Die Tygerberg kampus is die mediese kampus, en is in Bellville geleë.
- Saldanha
Die Saldanha kampus is op die Weskus geleë.
Karnaval
Elke jaar hou die studente van die Universiteit van Stellenbosch 'n karnaval ten bate van Matie Gemeenskapdiens se werk.
Befondsing
Die meeste van ons befondsing kom van private en korporatiewe donateurs. Lees hier hoe u ook kan bydra tot die werk wat ons doen.
Geskiedenis
Matie Gemeenskapsdiens het vroeër bekendgestaan as USKOR. Leer hier oor die ander interessante veranderinge wat ons ondergaan het oor die jare heen.
Beheerraad
Lees hier oor ons beheerraad, wat al die besluite help neem.
Skakellys
Indien u na soortgelyke werwe of organisasies soek, het ons hulle hier in 'n enkele lang skakellys gelys. Daar is ook skakels na ander werwe van die Universiteit, en na werwe van sommige van ons donateurs.
Kontak ons
Al ons kontakadresse is op hierdie bladsy beskikbaar.
|

Matie Gemeenskapsdiens
Privaatsak X1, MATIELAND, 7602
Tel: +27 (0) 21 808 3687. Faks: +27 (0) 21 886 5441.
E-pos: ecmu@maties.sun.ac.za.
Adres: http://www.sun.ac.za/mgd/index.html
Laas opgedateer op 1999-12-07
Html-skrywer: sm
|
|
|