... Leuce se Webwerf ...
... Leuce se Webwerf ... .

'n Kordaatstuk van u snuffelmasjien, dit kan u verseker weet! . Leuce se persoonlike webwerf tot u diens... ja, hier vind u vele en nog wat. . Verskeie knoopskakels is hier ingebou vir u plesier, om u nie alleen hierdie werf nie maar ook vele ander te laat nuttig en geniet. . English readers who successfully trudged thus far, "congrats-you-lations." . These fine syllables are in fact Afrikaans, the Taal, from the Land. . Kook! . Geniet!

ID-foto'tjie

Winnie G-string

Wij zijt dezen links naar mijn webplaatzen veul clicken, en dat er allemaal bezoeken:.

...whoami? ...die famielje ...die vrinne ...die kiekies ...die poesies en prosas ...myse lyks en dislyks ...en myse eie oepienies ...'n fotogallerytjie ...een en ander oor working holiday ...oor taalpraktyk ...en oor rekenaar- en internetterme.


... Leuce se werf (vervolg) ... .

Elkeen van hierdie relaasskakels word binnentoe voortgesit - druk net u muis se linkerboud teen die knoopwoord vas (dit is die boude - dis dan waar die stert uitkom; . tensy u meen hy op sy rug lê, in which case, ahem...)

Eerstens, whoami, d.w.s. wie's ek? . Ek's 'n 25-jarige ou van Bjellville in die Kaap (ek lyk maar net 19). . "Leuce" is nie my regte naam nie (vir die wat so sou dink), dis my mircnick... . My nick was eers "coinquay", wat almal ongelukkig (gelukkig vir my ma) ammekaar as "coin-guy" gelees het. . My pa preek altyd vir my. . Hy preek ook altyd vir die gemeente (hehehe). .

Tweedens (ensovoorts), ek't 'n paar uurtjies aan my famielje hier afgestaan. . My oeroupa het in die 1700's hier aangeland met skatte en skepe en sy 14-jarige vrou, en Robbeneiland was nooit weer dieselfde nie. .

Derd... maak ek vlugtig melding van al my gawe, liewe en getroue vrinne en vridinne. . Ek ken maar die helfte van hulle so goed as wat ek sou wou, en van minder as die helfte van hulle hou ek maar die helfte so baie as wat hulle verdien. . This was unexpected and rather difficult. There was some scattered clapping, but most of them were trying to work it out and see if it came to a compliment. .

Ek't twee gallerye kiekies op hierdie werf. . Die een is arty en die ander een is *arty. . Hierdie een is nie arty nie. . Elke ander bladsy se foto's het ek hier bymekaargeskaar, om jou deurblaaier 'n breather te gee. . En check net hier, dis als cool en wel 'n mens ken die fênsie Afrikaanse internetwoorde, maar dit doen nog njente aan slorrige taalgebruik nie - wys jou net. .Skies - wys "u" net. .

Nademaal my poesie en prosa, HIERT kyk hoe glip 'n deelteken daar onder die covers in. . Elke webwerf het gedigte en stories en verhaalkunde en literatuur op, en hoewel ek geen konvensionele meisie is nie, bly ek ook nie ver agter met wat in vogue is nie. .

Een kort noot oor myse lyks en dislyks, vir die taalpuriste - Langenhoven het "lyk" geskryf, so there! . Hy't welwel ook "twede" geskryf, maar niemand is tog perfek nie, almal maak tog foute mos (behalwe natuurlik ak). . Hier vind u 'n lys lyks en 'n dislys dislyks, 'n soortvan 'n 'n top tien en 'n pot niet van als, en nog wat, en van wals en nog klad, en van kilt en van kat (lees reg!), en van walt en van dat... (Philip de Vos kyk goedkeurend toe). .

Eintlik het ek maar min menings en opinies, en geld het ek ook nie, maar wat ek het, gee ek vir jou (in die naam van Fomm, staan op, en neem jou bed ok). . Filosowe, bly weg. .

Hierdie fotogallerytjie is die arty een. . Al my mooiste kiekies en prentjies, met toepaslike kommentaar, hier vir u plesier. . Stroopsoet en flatervry. .

Van 1996 tot 1997 was ek vir 'n working holiday na Skotland. . Ek't eers £500.00 in drie weke ter wille van oorlewing spandeer, maar na vyftien maande is ek so goed gekonfuus dat jy dit nie kan bekostig om nie my raad te lees nie. .Geldmaak en rondreis is maklik as 'n mens net nie stupid is nie. . Unless you're a teacher, a physio or an accountant, get the hell away from the Smoke. . Go to Auld Reekie instead. .

Voor ek oorsee was het ek vir drie jaar aan die Kaapse Technikon in Distrik Ses vir 'n Nasionale Diploma in Taalpraktyk studeer, en volpunte gekry. . Ek sou graag hierdie skakel uitbrei tot 'n volwaardige cheatsheet, want ek is die oorspronklike en enigste. . Die kursus lei vertalers op, maar wie betaal dan tog vertalers hope geld? . Die meeste van my klasmaats doen iets anders vir die brood en botter, en doen taalwerk vir jêm. .

Finally, in lyn met my taalbelangstelling, en met my huidige studierigting (ek swot CNE, 'n intranetrigting), compile ek soos ek aangaan 'n nuwe en uitgebreide rekenaar- en internettermlys. . Die nuutste Afrikaanse rekenaarwoordeboek is 'n grootjieagtige 15 jaar oud, en uit druk. . Ja, dit gaan maar druk as 'n uitgewer eerder medeburger-kinderstories wil verkoop. . Nee, nou's ek suur. . Ek sal soet wees.

Check gerus ook my ander webwerf, die Termwerf, 'n akademiese poging.


Notepad Yes!

Free webspace!


Guestbook

(c) 1998 Samuel Murray
leuce@geocities.com .

http://www.geocities.com/Wellesley/5897/index.html .

werf geskep op 1998-06-16
en bygebring op (this page) 1998-06-16