Profesieë

Die bedoelinge van profesie is om die voorafbepaalde plan van Jahweh bekend te maak aan diegene wat Jahweh ken , op Hom vertrou en Sy Woord bestudeer. Dit is vir die mens nie altyd gegewe om profesieë te verstaan nie. Die regte betekenis sal ons eers kan verstaan as die betrokke profesie begin vervul word , of reeds vervul is. Die vervulling van baie profesieë is uitgestrek oor 'n lang tydperk , sodat om die profesieë te verstaan dit nodig mag wees om die geskiedenis te raadpleeg.

Die Woord self maan ons om ons geskiedenis te ondersoek...

Siener van Rensburg waarsku ook: DIE NAG IS OP HANDE

Die afgelope paar jaar word daar dikwels gepraat en bespiegel oor die ou Boereprofeet, Siener van Rensburg, se verstommende gesigte oor die huidige gebeure in ons land. Maar daar is seker baie min lesers wat weet dat Siener al in 1926 voorspel het dat hy in hierdie dae groot bekendheid gaan verwerf. Hy het dit só gestel: "Daar kom 'n tyd dat ek weer baie in die nuus sal wees. In daardie tyd baklei ons nog onder mekaar, toe is als verby, en sit ons met 'n swart regering. Toe begin die Afrikaner se laaste, maar ook sy felste stryd om te oorleef..."

Die Siener het ook gepraat van 'n moedelose tyd wat ná die verkiesing vir die Boerevolk voorlê, 'n donker tyd waarin dit al hoe slegter met hom sal gaan: (Hy sien hoe die Boere kop onderstebo en met hul hoede oor die oë in en uit hulle huise loop soos blindes wat nie weet wat met hulle gebeur het nie. Hierna, het hy voorspel, sal daar 'n kort stilte volg -- 'n tyd waarin baie sal praat en juig oor die 'vrede' wat oor die land neergedaal het. Maar dit sal gou iets iets van die verlede wees, sê hy, want drie jaar later, met die geelperskereën, kom daar groot moeilikheid in die land; hy sien derduisende mense in Johannesburg se strate afkom (massa-aksie en die begin van groot stakings op die myne). Voordat daardie winter heeltemal verby is, sal die Parlement al met 'n noodsitting begin. Dit gaan 'n lang sitting wees, het hy gesê en bygevoeg: "Wanneer die eerste reëns begin uitsak en die gras vry algemeen groen raak, kyk dan na die Parlement, want dáár gaan die moeilikheid begin..."

Oom Klasie het gesê hy sien die gras word droog (dis winter) en naderhand is die gras witdroog (dit sal 'n bitter koue winter wees -- soos ons in jare nie geken het nie). Toe sien hy die moframme (parlementslede) sit met hulle koppe bymekaar, hulle het nie meer raad nie, want elke staatsinstelling is besig om te verkrummel -- en hulle praat en twis oor die baie moeilikheid, geweld en stakings in die land. Vir die veeboer en landbouer lyk dinge nog hagliker; daar is nie geld nie en hul grondgebied word opgeëis deur plaaswerkers wat nou grondregte gekry het. Ook die Nasionale Party gaan in hierdie donker tyd tot niet en kry 'n ander naam.

GELD NIKSWERD!

Maar in 'n ander gesig (11 Julie 1919) het oom Niklaas 'n veel ernstiger probleem (finansiële krisis) vir die nuwe regering in hierdie tyd sien kom: In die Noord Ooste is een vloer en toe kom daar een zif op die vloer (dit was die 94-verkiesing) en toe raak die kafferskoren se kaf weg... (daar kom 'n geldskaarste - geld en goud verloor hulle waarde, en veral ons papiergeld sal so min werd wees dat jy jou huis se mure daarmee kan uitplak, het die Siener gesê). Ook die Aandelemark gaan oornag tot in die as val). Intussen daag drie 'blou briewe' by die Parlement op. Die Duitsers eis nou hulle grondgebied wat deur ons aan die swart regering gegee is. Wanneer die laaste blou brief gekom het, sien oom Klasie: "Daar land 'n vaartuig (aan die Weskus) en hy lyk soos 'n platboomskuit..." ('n Duitse oorlogskip). Nou kan niks die bloedige stryd wat voorlê meer keer nie, voorspel hy. En hy "sien" ook hoe almal wat deelgehad het aan die oorgawe (maak nie saak of hy hom daarvoor beywer het en of hy dit net in sy hart goedgekeur het nie), deur daardie selfde gees van verskrikking beetgepak word wat hy vantevore oor die Afrikaner se vyand sien kom het. Hy sien hoe hierdie mense beangs uit hul huise vlug en nie eens tyd het om deure of vensters toe te maak nie, want agter hulle waai die gordyne na buite.

In Oos-Europa en op ons noordelike grense gaan dinge ook lelik verkeerd loop, het hy gewaarsku, want juis in dié tyd gewaar hy 'n pot met vuur in die noorde (Rwanda en Angola), wat beteken dat die etniese stryd daar in alle felheid weer gaan opvlam. Maar in Oos-Europa sien hy 'n veel groter pot met vuur - d.w.s. 'n ontsaglike burgeroorlog wat daar gaan losbars.

Oom Joos Haasbroek onthou nog byna woordeliks wat die Siener hieroor aan mnr. Boy Mussmann vertel het: "Boy, jy het al in die veld gestaan dat 'n harde reënbui op jou uitreën en dat jy sien hoe die strome water tussen die graspolle deurloop, nou ja, daar in Oos-Europa sal bloed só loop!" Met hierdie woorde het hy vir die eerste keer verwys na 'n merkwaardige gesig wat hy gehad het oor die uitbreek en verloop van die Derde (en laaste?) Wêreldoorlog.

Hoewel dit in Oos-Europa gaan begin, sal dit spoedig konflik tussen Rusland en Amerika veroorsaak en daarna wêreldwyd uitkring. Hy beskryf dan die komende veldslae in ongelooflike detail! Oom Klasie het ook gesê die protektorate (Zimbabwe en Zambië) sal in hierdie tyd by ons ingelyf word. (Dit is reeds besig om te gebeur, aangesien daar nou sonder visums tussen Suid-Afrika en Zimbabwe gereis kan word).

Hierdie inligting is geneem uit Adriaan Snyman se boek SIENER VAN RENSBURG - Boodskapper van God -
en briewe van mense wat die Boereprofeet geken het.

Inhoudsopgawe