Die Boervolk
Die volk wat woon in die land oorkant die riviere van Kus.
Om 'n volk te definiëer is gewoonlik geen maklike taak nie. In die opsig is die Boervolk geen uitsondering op die rëel nie. Daar bestaan nie 'n klinklare stel rëels waarvolgens die wasige grense van die begrip gepeil kan word nie.
Wat die taak nog moeiliker maak is dat die woord "Boere" verskillende betekenisse aangeneem het met die verloop van tyd. Die begrip Afrikaners en Boere word gereeld verkeerdelik gebruik asof dit sinonieme is. Die antwoorde op die vraag , "wie is die Boervolk ?", sal ook verskil na gelang van die persoon se agtergrond wat dit beantwoord. So sal u kry dat die akademikus , militaris , politikus , teoloog , ambassadeur , ingenieur , vriend , vyand , of lid van die volk , se antwoorde merkwaardig van mekaar kan verskil.
Die gedagte met die bladsy is om die onderwerp betreffende die Boervolk so wyd as moontlik te dek om die prentjie so volledig as moontlik te kan skets. Indien u voel dat daar veranderinge of toevoeginge gemaak moet word , tree dan asseblief met my in verbinding by die onderstaande adres.
E-pos : Abi Coetzee
Opdateering : January 06, 1999
Die blad is moontlik gemaak deur vir jou gratis
tuisblad